Dallara

Dallara se logo
Dallara se logo
Die Dallara-ontwerpte Hispania F110-onderstel word deur Bruno Senna bestuur voor die 2010 Maleisiese Grand Prix.

Dallara is 'n Italiaanse renmotorvervaardiger, gestig deur sy huidige president, Gian Paolo Dallara. Nadat hy vir Ferrari, Maserati, Lamborghini en De Tomaso gewerk het, het hy in 1972 "Dallara Automobili" in sy geboortedorp Varano de' Melegari (Parma), Italië, gestig.

Dallara is ook die enigste vervaardiger van renmotors vir die IndyCar-reeks, Indy Lights, Formule 2, Formule 3 en Super Formule-kampioenskappe. Dallara vervaardig ook renmotors vir uithourenne soos die 24-uur van Le Mans en die 24-uur van Daytona.

Dit was ook betrokke by die ontwikkeling en vervaardiging van beide Formule E-motors[1] en Haas F1-span-motors.[2]

  1. "Five key challenges for Formula E's new Gen3 car". The Race (in Engels (VK)). 23 Maart 2022. Besoek op 7 Maart 2023.
  2. "Exclusive: How Haas and Ferrari operate from the same F1 facilities". RacingNews365 (in Engels). Besoek op 7 Maart 2023.

Developed by StudentB